Wat Ons Glo

Lief vir God · Lief vir Mense · Lief vir Families

Wat Ons Glo

Geloofsbelydenis

Hieronder volg 'n oorsig van ons Geloofsbelydenis. Die volledige Geloofsbelydenis met Skrifverwysings kan hier afgelaai word.

Vader, Seun & Heilige Gees

Die Bybel

Die Bybel is die hoogste en finale gesag vir geloof en lewenswandel.

Ons glo in een God wat vir ewig bestaan as drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees.

Jesus Christus is deur die Heilige Gees verwek en gebore uit die maagd Maria. Hy is waarlik God en het waarlik mens geword en ‘n sondelose lewe gelei.

Die mens is na God se beeld geskape, maar is deur sonde van God geskei en is self vir sy sondige dade verantwoordelik.

Christus het vir ons sonde gesterf, en elkeen wat in Hom glo, is geregverdig deur Sy bloed.

Die Bybel
Kingdom Life Centurion
Doping in die Heilige Gees

Wedergeboorte

Ons glo dat Jesus Christus fisies (liggaamlik) uit die dood opgestaan het en na die hemel opgevaar het en dat Hy nou as ons Hoëpriester en Voorspraak leef.

Ons glo in die persoonlike wederkoms van die Here Jesus Christus.

Ons glo almal wat in Jesus Christus glo en hulle bekeer, deur die Gees wedergebore is en daardeur kinders van God word.

Ons glo in die doping in die Heilige Gees, wat ons met krag beklee en gawes gee vir dienswerk. Ons glo in die bedieninge van die Apostel, Profeet, Evangelis, Herder en Leraar.

Ons glo in die opstanding van beide die regverdige en die onregverdige, die ewige geseëndheid van die vrygekooptes en die ewige verbanning van almal wat die gawe van verlossing verwerp het.

Huwelik & Verhoudings

Leierskap

Ons glo in die beginsel van die visionêre leier van die gemeente/bediening wat deur God as leier daargestel is en wat saam met ʼn meervoudige leierskap funksioneer.

Ons glo dat die leierskap van die kerk verantwoordelik is vir die toesig en sorg van die lidmate en personeel.

Ons glo Wedergeboorte en die persoonlike belydenis van Christus is noodsaaklik vir kerklidmaatskap.

Ons glo in die beginsel van ʼn heteroseksuele verhouding tussen ʼn natuurlike man en ʼn natuurlike vrou binne die grense van ʼn wettige huwelik.

Ons glo in die Doop in water deur onderdompeling en die Nagmaal as simbool van Jesus se gebroke liggaam en gestorte bloed.

Kingdom Life Centurion - Community
Liggaam van Christus

Waarheid

Ons glo dat Goddelike genesing ʼn integrale deel van die Evangelie uitmaak.

Ons glo in die leer van heiligmaking as ʼn progressiewe werk van genade. Dit begin by die nuwe geboorte en duur voort tot en met die voltooiing van ons verlossing.

Ons glo dat elke gelowige deel vorm as ledemaat van die liggaam van Christus met die verantwoordelikheid om hul Godgegewe gawes uit te leef.

Die Kerk is oop vir verdere waarheid, wat die Heilige Gees vanuit die Skrif mag verlig. Ons glo dat die Heilige Gees se openbaring nie die gevestigde Bybelse waarhede en waardes sal weerspreek nie.

Geloofs-
belydenis

Ons volledige Geloofsbelydenis met Skrifverwysings kan hier afgelaai word.