Die doel van selgroepe of kleingroepe is om die Kerk te wees soos wat dit in Handelinge 2:42 gevind word. Selgroepe is die hartklop van ons gemeente. Dis hier waar vriendskappe gebou word en jou geloof groei. Binne die veilige ruimte van ‘n kleingroep, word jy deel van ’n hegte geloofsfamilie. Ons deel mekaar se lief en leed, bid saam en ondersteun mekaar. Kleingroepe word ook aangemoedig om uit te reik en 'n verskil te maak in die wêreld.
KLC het tans vyf selgroepe wat weekliks in verskillende areas in Centurion bymekaarkom: Eldoraigne, Wierdapark, Rooihuiskraal, Valhalla en Thaba Tshwane. Daar is drie gemengde kleingroepe (mans en dames), asook ‘n manne groep en ‘n dames groep wat weeksoggende bymekaar kom. Kontak ons om deel te word van ‘n selgroep waar jy inpas en vind jou geloofsfamilie.
En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. – Handelinge 2:42
Selgroepe is die hartklop van ons gemeente. Dis hier waar vriendskappe gebou word en jou geloof groei. Ons bid saam en ondersteun mekaar. Vind jou familie binne die kerkfamilie. Kontak ons om meer uit te vind oor selgroepe in jou area waar jy weekliks kan inskakel.