Meer Oor Ons

Lief vir God · Lief vir Mense · Lief vir Families

Koningkrykslewe Centurion

Vind jou geestelike tuiste

KLC is 'n familie-georiënteerde gemeente in Centurion. Die gemeente is in April 2013 begin onder leiding van die Heilige Gees en word gelei deur Lourens en Amanda de Klerk. Ons is ʼn Woord gefundeerde en Geesvervulde gemeente met ʼn passie vir die teenwoordigheid van God en die bediening van die Heilige Gees. Ons hart is dat KLC 'n geestelike tuiste vir almal sal wees.

Lief vir die Here

Ons groei saam in ons liefde vir die Here.

Aanbid in Gees en Waarheid

Ons aanbid die Here in Gees en Waarheid.

Fellowship

Ons is lief vir mekaar, ons kuier en fellowship saam en dra mekaar se laste.

Lief vir Families

By KLC is ons lief vir families. Familie is God se fondament vir die samelewing.

Koningkrykslewe

Kom ontdek die Koningkrykslewe en leef dit saam met ons uit.

Soos Jesus

Ons wil al hoe meer soos Jesus wees sodat Christus in ons gestalte kry.

Beïnvloed die Wêreld

Ons beïnvloed die wêreld en die mense om ons met die Koningkryk.

Ambassadeurs van Christus

Ons is waarlik navolgers en ambassadeurs van Jesus Christus.

Dissipelmakers

By KLC is ons dissipelmakers. Ons demonstreer en leer ander om 'n volgeling van Jesus te wees.

Kom besoek ons!

Kom besoek ons gerus tydens ons Sondagdienste om 09:00 in die Kiepersol Gemeenskapsentrum in Eldoraigne, Centurion en geniet ‘n koppie koffie of tee na afloop van die diens. Jy kan ons ook vanaf die webwerf kontak.